Onbeantwoord.

Wat het jou op ‘n sonnige Saterdagoggend laat besluit om ‘n tou aan ‘n windpomp vas te maak?

Wat het jou so verskriklik hard gedruk dat jy ‘n lus om jou nek gesit het?

Wat het jou laat besluit om die tou se breekpunt te toets met ‘n windpomp aan die een kant en jou nek aan die ander?

Het jy gedink aan ‘n Moederhart wat in biljoene fyn stukke gaan breek?

Het jy gedink aan ‘n jonge vrou wat vir die res van haar lewe gaan vra hoekom?

Het jy gedink aan die twee klein bloedjies wat, eendag as hulle verstaan, wel nooit sal verstaan nie?

Weet jy dat ‘n windpomp nooit weer dieselfde gaan lyk nie?

Weet jy dat geen antwoorde genoeg gaan wees nie?

Weet jy dat trane gestort gaan word vir baie baie jare?

Hoe kon jy net tou opgee?

Hoe kon jy besluit om jou eie strepie te trek?

Hoe kon jy?

22 thoughts on “Onbeantwoord.

    1. Dankie vir die drukkies, ek sal dit aanstuur na sy mense toe. Dit gaan net my verstand te bowe dat iemand so selfsugtige daad kan pleeg. Ja, ek gaan seker gestenig word oor hierdie opmerking maar dis my opinie en ek staan daarby.

  1. Dis ‘n verskriklike ding om te doen. Die stukkies wat opgetel moet word sal vir jare vlenters versprei lê.
    En van die legkart stukkies sal sommer net weg wees vir altyd.

    Hoekom doen mens dit is altyd die vraag maar waar ek ook al naby aan daai tou gestaan het vra ek altyd die vraag van hoe sleg moet dinge gewees het om duer te trek met die besluit om die daad te voltooi.
    Daar is baie mense wat dit vir aandag doen maar daai wat so seker is laat my wonder wt hulle laaste oomblike in hulle koppe met hulle geedineer het.

  2. Ai man, ek is SO jammer! As so iets gebeur word soveel mense in hulle siele geruk. Sekere goed is daarna net NOOIT weer dieselfde nie. Dis so jammer hy het nie meer kans gesien om te leef nie, wat ook al sy rede was! Dink BAIE aan julle en BAIE STERTE!

  3. Oits… 😦 hê die grootmoed (of is dit ootmoed) om te probeer vergewe – ons ‘vergewe’ selfmoord so moeilik omdat ons juis die persoon ‘n bietjie (en soms sommer vreeslik baie) kwalik neem dat hulle ons nie ‘geken’ het in die saak nie, nie vir hulp gevra het nie – ons geen geleentheid gegee het om die las te help verlig nie. Ons weet nie wat so iemand se lig steel nie.
    Wee’jy wat het ek geleer skat? Daar’s netsoveel (indien nie meer) mense wat steeds lewe, of slégs lewe, omdat hulle te bang is om te sterf – as wat daar mense is wat sterf omdat hulle te bang is om te lewe. Moenie verkwalik nie – dit steel ons tyd en breek ons siel – stort eerder daardie energie wat dit verg om dié wat dit nodig het te ondersteun.
    Sterkte daar!

  4. Ag, ou Beebs, jy bly darem ‘n sonstraal. 😉

    Hi Charms,
    Eerste keer hier by jou. Begin my neus so bietjies-bietjies weer uitsteek.

    Ek’s met BB op die ene, maar dan het ek dit nog nooit aan my eie vel gevoel nie. Dalk sou ek dan anders gevoel het.

Lewer kommentaar