My eerste rebellie

Ek was die skaam kind. Die eenkant kind. Die boekwurm. Die maergat. Die ai siesog sy bly by Ouma en Oupa – het seker nie ‘n ma en pa nie kind. Tog wil mens net een keer uit daai verdomde boks uitbreek en sien waaroor die ander kinders so aangaan. Waaroor gesels hulle? Wat doen hulle as hulle nie lees nie. Wat doen hulle as ‘n standerd 6 Wiskunde onnie jou heeltemal afsit van jou eens geliefde syfers wat vir jou en jou laerskool hoof so lekker was. Of ‘n heks van ‘n Engelse juffrou wat goddank nie jou liefde vir die taal en boeke geskend het nie.

Ek het die aand gewag vir Ouma-hulle om te gaan slaap en my beste outfit en boots aangetrek met nogal Oupa se jas om te keer vir die koue en by die kombuisdeur uitgeslip. Nes ‘n regte rebel. Donner ek was so trots op my waaghalsigheid dat ek nie eers heeltemal kon onthou hoe lank dit my gevat het om ‘n hele paar kilometers te stap nie. In die donker. In die koue. Magtig ek was brave!

Skielik is ek by ‘n regte egte 80’s garage party. Musiek wat bler uit die hoek uit en posters van A-Ha, Dawid Bowie ens opgeplak op die oliekol muur. Daar word gedans en gelag en gesels maar niks interesseer my regtig nie. Seunskinders wat skelm rook en ek dink drink ook. Party meisiekinders wat sit en bloos en giggel as iemand na hulle kyk en ander wat ek dink party seuns se moeders baie senuweeagtig gemaak het.  Dan gesels hulle oor simpel goed wat so alledaags klink, amper plat. Niks wat jou prikkel om saam te gesels nie. Maar steeds het ek gebly net om daai gevoel te kry van ek is ook ‘n moeilike tiener. Simpel.

Ek het laat genoeg gebly om dit nou wragtig die moeite werd te maak want ek was 100% seker ek sou dit nie weer doen nie. Baie later die aand het ek heel tevrede met myself in die koue huistoe gestap en ek was so bly ek het Oupa se jas gegryp want dit was bibber koud. Seker so 200 meter van die huis af, net toe ek dink ek het weggekom met die slip storie stop Ouma se Cortina langs my. My smile my moed en my senuwees het gesak tot in my boots. Sy het my net een kyk gegee en toe klim ek maar in. My Ouma het jou gatvelle af gekyk, nie geslaan nie.

Ek het ‘n skrobbering gekry van die hoogste gehalte daai aand by die kombuistafel. My kop maar net die hele tyd geknik want om ‘n woord te probeer inkry was onmoontlik. Na die uittrap sessie het ek vir ons koffie gemaak en toe begin Ouma lag en lag en lag omdat ek nogal Oupa se jas aanhet. So desperate om in te pas, maar tog met ‘n bietjie ‘self’ ook. Want ek was anders.

Ek was nooit weer by ‘n garage party nie. Ek het dit ook niks gemis nie. Toe is Ouma heeltyd reg.

Vergoeding Vir Skade

Na die lees van Audrey Blignault se ‘n Blywende Vreugde het ek besef sommige sirkels in die lewe word gedeel met vele ander.  Nou nie dat ek se ek is in dieselfde sirkels as Audrey nie, maar ons deel darem so nou en dan ‘n deel van ‘n sirkel. Dit laat my tog dink dat baie mense dieselfde dwarsklappe in die lewe kry, en wat jy daarmee maak, bepaal dan weer jou volgende les.

Dis soos ‘n vurk in die pad. Een sal dink dis ‘n avontuur en vir ‘n ander kan dit menigte kopsere verskaf – die keuse; Jou Keuse. Dan, sou jy dan nou besluit links of regs, gaan die “what ifs” jou dalk vir ewig en vir altyd pla en mal dryf indien jy nie heeltemal tevrede is met wat jou keuse jou bied nie.

Maar ek dwaal af.

As daar in jou bos gekap word, bly dit seer.

Deur die dood van iemand vir wie jy omgee;

Deur vriendskappe wat doodloop;

Deur besluite wat jy maak om nie meer ‘n vloerlap te wees nie;

Deur te kies om eerder jouself te beskerm;

Deur mense af te sny voor jy hulle dalk opsny (oranje is nie my kleur nie);

Deur ‘n kopskuif wat jy maak dat sommiges net nie die moeite werd is nie. Let sanity prevail.

Al daai verliese laat jou voel jou hele lewe spat in skerwe en om asem te haal word beveg deur elke deel van jou in sommige gevalle. Die hoekoms en waaroms, veral daai “why me” speel soos ‘n langspeelplaat wat vashak in jou kop. Jy bevraagteken ALLES.

Dan word jou geduld getoets deur mense wat se “alles in die lewe het ‘n doel” of die aller bekende ene “dinge gebeur alyd vir ‘n rede” en die mees bekende “God het ‘n plan met alles”.

Die dag as ek siniel genoeg is om bogenoemde te glo sal ek laat weet (gooi klippe hier…).

Dan lees jy ‘n sin in ‘n boek en jy besef dat jy wel deur hel is en die onregverdigheid van die lewe al beleef het (hy skuld jou nog steeds niks), maar jy het survive. Ja, jy het nog jou af dae, weke, maande, maar hulle is dood/weg, nie jy nie.

Ek het al baie verloor maar dan weer baie gewen.

My vergoeding vir skade is ‘n man wat my nou weer op ander hande dra en feitlik enige iets sal doen net om ‘n smile op my gesig te sit. En ek maak dit nie maklik nie.

My vergoeding vir skade is my Rooikop wat my geduld en selfbeheersing gereeld toets en my herinner dat oranje wragtig nie my kleur is nie, maar dan doen of se hy iets wat my laat voel ek het iets reg gedoen dan huppel ons weer.

My vergoeding vir skade is vriende wat seker by ‘n demolition plant gewerk het, want hulle het my mure steen vir steen afgebreek sodat hulle kan inkom. Hulle is wel minder as ‘n handvol, maar die feit is, hulle is daar. Altyd.

My vergoeding vir skade is FB sielsgenote. Party het ek al ontmoet en is bly om te se my instinkte was reg. Mense wie ‘sien’ soos ek. Dit is ‘n baie skaars spesie, maar ja, hulle bestaan wel.

So hoop ek jy maak jou oe oop en kyk om jou. Vind jou vergoeding vir skade. Dit bestaan.

En dan as daai vergoeding vir skade mense vir jou toelaat

om uit te rafel,

om jouself soms jammer te kry,

om te praat terwyl hulle luister,

om stil te wees wanneer jy wil

om weg te kruip

om jouself te wees

sonder om vinger te wys en judge en jury te speel oor jou lewe en geduldig te wag tot jy weer ‘reg’ is, dan ‘n hand te gee om jou op te lig na sommige van hulle eers gepoint en laugh het, dan weet jy jy is O K.

En so loop ons weer verder…

My thoughts on Phobias and the genocide taking place in South Africa

If only everybody makes a conscious effort to reason and think like this.

couragecouer

xenophobia

Growing up in South Africa, I was always reminded by those around me that I was different to everyone else. In primary school, I had a much darker complexion than I do now, and super white teeth – the telling marks of a foreigner that betray you even when you put on your best English accent. It is just too obvious.

My name is Lovelyn Chidinma Nwadeyi. I am a Nigerian. Born in Nigeria to two Nigerian parents. Raised in Queenstown, Eastern Cape by those same Nigerian parents right up until I completed my Bachelors at Stellenbosch. I bear citizenship of both worlds. I speak fluent Xhosa, Igbo, Afrikaans and English. I can make sense of Tswana and Sotho. I enjoy a good braai, I love vetkoeks, especially the bunny-chow, I can’t get enough of Bokomo WeetBix, I love Ouma’s rusks and I can pull off my panstulas with…

View original post 2 221 more words

Ek weet jy probeer

Die jirre weet jy probeer hard ma. Dis nou al meer jare as wat ek vingers het, en steeds kan my kop of my hart nie ingee nie. Hierdie stubborn kind van jou se hart het hard geraak. Daar is ‘n muur wat jy al vir jare probeer beitel en ek weet dis nie maklik nie. Ek leef immers met myself saam. Daai vergeet en vergewe wat mens iewers in jou lewe teekom, is nog nie hier verby nie. Die irritasie, die verwyt, die hoekoms is nog nie stilgemaak nie. Ek weet ook nie hoe lank dit gaan skree nie. Ek probeer verstaan vanuit jou skoene uit, maar kan nog nie. Die kopskuif is myne om te maak, ja, maar natuurlik skop hierdie rooikop pens en pote daarteen, want hoekom moet ek. Mense kan maar vingers wys. Ek weet en jy weet. Dis al.

They playing your song!

This is truly something all should read and take note of. ‘Live abundantly – out loud.’ At once!

The Nocturnal Wenchy

“If I could say it in words there would be no reason to paint.”
– Edward Hopper”

Wouldn’t the above quote be so apt if I was not a writer?  I actually sang a small Elton John song when I read it to be honest.  (If I was a sculptor,  but then again,  no…. Or a man who makes potions..)

There was a time last year,  I seriously questioned my own sanity.  More than usual that is… which in itself depletes a medical aid.

I was blinded by my passion,  excitement,  stars,  lights, action! at having found people who spoke my language. I saw opportunities to learn when I should have listened to my inner voice when my husband and daughter on separate occasions said ‘Run Wenchy,  run..!’  (Then again the thought of me running is truly too far-fetched so I can see why my inner voice got silenced with ‘Don’t be…

View original post 484 more words

Oop Grafte Maak Ou Rowe Ook Oop

Laas week staan ek weer by ‘n oop graf. Die finale ‘act’ – exit stage left.

Sommige glo jy gaan hemel toe. Sommige glo jy gaan hel toe. Sommige glo jy net dood – die einde. Sommige glo in die ‘after-life’. Each to his/her own en so.

Daai gat in die grond kry dan ‘n klip op – en die belangrikste deel van die hele storie op daai klip, is die strepie tussen die datums…

So kyk ek na daai oop gat, en dit vat my terug na my eie goodbyes. So baie goodbyes.  Begrafnisse maak wonde oop. Dit krap daai roof af. Dit laat alles weer bloei. Van voor af. Dit bring die seer terug. Dit bring die verlange terug. Dit bring die hoekoms terug. So baie hoekoms.

 

Onskuld, Onkunde of Onnosel?

Onthou jy toe tv’s net uitgekom het?

Ek sal daai dag seker nooit vergeet nie. Ek was ‘n haasbek graad 2 dogtertjie toe ek by die huis kom van die skool af en daai furniture lorrie staan voor ons hek. Behalwe vir die melkkar in die oggend (onthou jy die tokens in die bottels?), en die kolelorrie in die middag, was daar nie veel deliveries by ons huis nie.

My vlegsel het my kieriebene heel deur die veld gevolg tot by die lorrie. Man, jy het nog nooit so groot haasbek smile gesien nie.

Die tv was aangesit en al wat daar op was, was daai bal met die tyd – tsk. Nee, tv was nie heeldag aan nie.

Later was daar mos die silent movies op Sondae. My tv kolletjie was by Ouma se voete op die mat en daar het ons saam gelag en gehuil (Ouma het soms sommer gevloek ook).

Ek onthou die spesifieke dag het ons ook van daai silent movies gesit kyk. Jy weet daai wat lyk asof iemand die fast forward knoppie ingedruk en vergeet het.

Sit ek toe so by Ouma se voete en vra: “Ouma, het Ouma-hulle ook so vinnig geloop toe julle jonk was.”