Hallo Kobie

Sjoe, daar is so baie om te vertel. Maar eerstens wil ek se happy anniversary 🙂 Dit sou vandag al ons 12de huweliksherdenking gewees het (en 18 jaar saam). Shocking ne!

Ons Rooikop werk nou en hy is natuurlik nie meer ‘n seuntjie nie, maar hy sal my ou rooikop seuntjie bly tot hy grys word 👿 Hy het sy bestuurderslisensie Vrydag geslaag en is so gelukkig soos ‘n vark in modder. Natuurlik het hy die naweek elke moontlike geleentheid gebruik om rond te ry siende dat hy nou ‘legal’ is 😆 Dit gaan ook net ‘n rukkie hou dan gaan hy maar gatvol word om die hele tyd rond te ry, maar dis nou nog fun. Hy praat deesdae so baie van jou na jare wat hy in sy dop was oor sy gevoelens. Ek dink hy mis jou ondersteuning en opgewondenheid oor alles wat hy doen.

T het Saterdag 21 geword (ja, 21) en ons is na ‘n boskamp toe vir die hele naweek. Natuurlik het hulle geparty en geparty en geparty. Die kind is al so groot jy sal hom nie eers herken nie. Skoonsus het sy ‘Beatle Bailey’ hoed weer opgespoor haha. Onthou jy hoe hy met daar blik army hoed die hele plot vol gehardloop het met sy houtgeweer? Ons was altyd bang hy kom terug met whiplash of harsingskudding 😯

Dee-Dee het vandag Margate toe gevlieg op ‘n netbaltoer – sterkte aan die onderwysers wat saam is. Die ou girl is al so lank sy kyk my amper al in die oe en word nou so ‘n mooie meisie. Ja, sy’s nog steeds cheeky, maar sy is mos ‘n meisie ne.

Ma lyk te pragtig. Sy’t haar hare kort afgesny Saterdag en lyk te sexy. Ons begin al dink daar is ‘n omie waarvan ons nie weet nie 😉 Ons het die naweek met die gekamp so gelag. Onthou jy toe ons Aasvoelkrans toe is saam Pa-hulle? Met daai afblaasmatras. Dit was so snaaks elke keer as ons gehoor het “A klim af – sjweeet sjweet sjweet” soos hy die ding weer en weer in die nag opgeblaas het. Goeie ou dae.

Ouboet en skoonsus is nog steeds dieselfde en boetie mis jou ook, maar hy se niks. Jy weet mos.

S lyk soos ‘n cuddly teddy beer. Jy wil daai kind net hug en veilig voel in sy grote arms. Daai ou klein bolla is nou so groot soos boeta – rerig.

Ons ou aanneemkind is gelukkig en gaan so goed aan. Jy sou so trots gewees het. Ja, ongelukkig ondersteun hy nog steeds die Bloubulle, maar elke persoon het seker maar sy foute.

Die res van die familie gaan almal aan en raak maar ouer – that’s what life does to you.

Ek is seker maar ok. Vandag voel my hart net meer stukkend as ander dae. Die trane loop sommer so maklik en vrylik. Dis asof die traankliere gehoor het daar is ‘n waterskaarste. Botox is ook al op my ‘wish list’. Ja-ja die ouderdom begin nou lyne maak waar daar nie mag wees nie en dis ongelukkig nie almal lagplootjies nie. Ek is nog steeds moeilik en moody en bitchy en hardegat en en en tot infinity, maar jy het darem harder as ander probeer om my te verstaan.

Ag ek gesels nou so lekker en dan kom ek agter jy’s nog steeds dood.

Image

16 thoughts on “Hallo Kobie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s