Ek weet jy probeer

Die jirre weet jy probeer hard ma. Dis nou al meer jare as wat ek vingers het, en steeds kan my kop of my hart nie ingee nie. Hierdie stubborn kind van jou se hart het hard geraak. Daar is ‘n muur wat jy al vir jare probeer beitel en ek weet dis nie maklik nie. Ek leef immers met myself saam. Daai vergeet en vergewe wat mens iewers in jou lewe teekom, is nog nie hier verby nie. Die irritasie, die verwyt, die hoekoms is nog nie stilgemaak nie. Ek weet ook nie hoe lank dit gaan skree nie. Ek probeer verstaan vanuit jou skoene uit, maar kan nog nie. Die kopskuif is myne om te maak, ja, maar natuurlik skop hierdie rooikop pens en pote daarteen, want hoekom moet ek. Mense kan maar vingers wys. Ek weet en jy weet. Dis al.

6 thoughts on “Ek weet jy probeer

  1. Wat gemaak as jy verewe en vergeet maar die vergeet deel wil nie werk nie? Jy koester nie ‘n wrok nie en jy is ook nie kwaad nie, jy kan bloot net nie vergeet nie.

  2. Daar is net soms dinge wat mens met die beste wil ter wêreld nie kan vergewe nie, wat nog van vergeet. hierdie van jou klink eina seer. Ek hoop iewers kry jy vrede hieroor. Want uiteindelik vreet die suur van die onthou mens van binne op. (((Hugs)))

  3. Sit self met ‘n dilemma van vergewe (of is dit nou om te vergeet of vergewe dan vergeet?) My ma is skielik in April oorlede en die eerste ding wat deur my kop gedraai het was: het ek maar meer drukkies and aandag gegee. Nou’s sy soos ‘n af-arm maar jy kan nog die sensasie in jou vingers voel net om jou te herinner wat jy verloor het.Vergewe terwyl jy kan…En vergeet dan!

  4. herleef, beleef, tob, omdraai, uitdraai, verdiep, omdop.
    soms grens dit aan selfmutilasie.
    sommige mense genees so
    “desensitisation” noem ek dit.
    lekker gelees hier
    ek volg jou

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s