Onskuld, Onkunde of Onnosel?

Onthou jy toe tv’s net uitgekom het?

Ek sal daai dag seker nooit vergeet nie. Ek was ‘n haasbek graad 2 dogtertjie toe ek by die huis kom van die skool af en daai furniture lorrie staan voor ons hek. Behalwe vir die melkkar in die oggend (onthou jy die tokens in die bottels?), en die kolelorrie in die middag, was daar nie veel deliveries by ons huis nie.

My vlegsel het my kieriebene heel deur die veld gevolg tot by die lorrie. Man, jy het nog nooit so groot haasbek smile gesien nie.

Die tv was aangesit en al wat daar op was, was daai bal met die tyd – tsk. Nee, tv was nie heeldag aan nie.

Later was daar mos die silent movies op Sondae. My tv kolletjie was by Ouma se voete op die mat en daar het ons saam gelag en gehuil (Ouma het soms sommer gevloek ook).

Ek onthou die spesifieke dag het ons ook van daai silent movies gesit kyk. Jy weet daai wat lyk asof iemand die fast forward knoppie ingedruk en vergeet het.

Sit ek toe so by Ouma se voete en vra: “Ouma, het Ouma-hulle ook so vinnig geloop toe julle jonk was.”

17 thoughts on “Onskuld, Onkunde of Onnosel?

  1. Die opgewondenheid oor programme daardie tyd is baie meer as oor nuwe programme nou.

    Selfs nou nog lees ek eerder boek as om iets te kyk waaroor ek nie regtig belangstel in nie.

  2. Heidi. Dis al wat ek van daai tyd se tv onthou. Ek onthou groot ooms wat hulle tyd so beplan het, dat hulle kon Heidi kyk. En ek wou ook so graag so oulike wipneusie gehad het soos Heidi.

    Ai, goeie dae daai. 😉

    1. Ag en hoe sy broodjies weggesteek het vir Ouma. Daai was darem nie die moord en doodslag waaraan die kinders vandag blootgestel word op die tv nie.

  3. My ma het DADELIK toe TV’s uitgekom het, vir ons een gekoop. Maar hier waar ek gewoon het, Wydgeleë, was dit TV eers BAIE later aangeskakel. Dit was eers net strepe… 24 uur vd dag!

  4. Wou nog keer toe koop my vrou al een, `n Sony in so `n kas gedoente 😆
    Toe kyk ons saam met die kinders Heidi en wat ook al tot die vlaggie waai.
    Nou lees ons boek. Ma kyk al wat speurreeks is, geen sepies nie.
    Kan jy `n lewe sonder TV en selfoon indink?

  5. Ai hoe ek onthou ek darem nou. Die goeie ou dae toe gras nog nie giftig was nie en ons vrylik daarop kon speel. Dit was natuurlik ook die tyd toe kanaal verander beteken het jy moet jou bas lig en dit gaan doen. As ek dit nie mis het nie was rook toe nog nie sleg vir swanger vrouens gedurende swangerskap nie.

    Die lekker onthou…

  6. Ek was gelukkig om dit eers as grootmens te ervaar, so ek kon vry en “onskuldig” groot word. In 1975 toe die 1ste Toets uitsendings begin het, het ons gaan window shop in die uur wat die TV uitsendings was, en het die winkels dan oop gebly sodat verkope kon plaasvind .. want die nuwe wonder moes gou deur almal ontdek word… Dit was Goeie tyd, geen advertensies tussen in en die programme heel onskuldig… nie soos vandag. Ai ek mis soms die onskuld van ons jeug..

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s