Onthou Net Jy Is Ander Mense Se Ander Mense

Laat ek verduidelik. Ons is soms so gemaklik dat ons dink erge goed gebeur net met ander mense. Maar dan moet jy onthou, daar is miljoene ander mense wie dieselfde siening as jy het. So, jy is ander mense se ander mense.

In my innocent little mind het ek voorheen, toe ek nog jonk en dom was, redeneer dat slegte goed net met slegte mense gebeur. Ag hoe stupid en stiksiende kan ‘n mens nie soms wees nie ne.

As dit waar was, moes my Ouma ‘n verskriklike peslike mens gewees het dat sy twee seuns moes begrawe, een seun gehad het wat na ‘n ongeluk blind is, ‘n dogter met se maar ‘sielkundige probleme’ ensovoorts ensovoorts ensovoorts. Gelukkig is Ouma nou dood en hoef sy nie meer deur die hel van die lewe te gaan nie.

As dit waar was, moes my Pa ‘n bliksem gewees het om deur sy familie afgesny te word en met ‘n kanker demoon moes baklei tot elke greintjie krag deur die monster opgevreet was en net ‘n skadu van my alles oor was.

As dit waar was, is ek seker een van die slegste persone wat leef wat meer as die helfte van geliefdes al moes begrawe en totsiens roep.

As dit waar was – ja, maar dit is nie.

Ja ek weet ek klink vanaand swartgallig maar ek is nie. Ek is ontnugter. Ek besef dat aaklige goed nie vra waar jy grootgeword het nie. Dit vra nie hoeveel geld jy het nie. Dit vra nie hoeveel vriende jy het nie. Dit gebeur net. Of jy nou mooi, lelik, vet, maer, ryk, arm, verfynd, ongeskik of watookal is. En dis so fokken onregverdig.

En my klein breintjie het soms nie die kapasiteit om hierdie goed te verstaan en reg te redeneer nie. Want jy kan nie.

Met onlangse gebeure in mense baie na aan my se lewens maak dit my bang. Dat hulle met sulke demone en monsters gekonfronteer word om hulle te treiter en hulle lewe hel te maak, maak nie vir my sin nie.

Moet asseblief NIE vir my enige kommentaar los oor ‘elke persoon het ‘n spesifieke pad’ of ‘daar is groter planne vir daai persoon’ of ‘jou pad is lankal vooruit beplan’ of ‘gaan op jou kniee en se dankie’ of of of nie. Daai is ‘n ander stryd waarmee ek al jare besig is en op my eie tyd sal uitsorteer. As jy glo is ek baie bly vir jou dat jy iets het wat vir jou ‘n rots is, maar hou asseblief daardie kommentare vir jou binnekamer.

Ja, ons is ander mense se ander mense.

Ek is lief vir julle M en F en C en J.

 

Published in: on Januarie 22, 2012 at 7:10 nm  Comments (16)  

The URI to TrackBack this entry is: http://vanwaarjykyk.wordpress.com/2012/01/22/onthou-net-jy-is-ander-mense-se-ander-mense/trackback/

RSS skakeling vir menings op die blad.

16 KommentaarLewer kommentaar

  1. Jou reel: As ek hier lees moet ek kommentaar los, maar soos dit klink uit jou inskrywing soek jy nie kommentaar nie ? Mmm …

    As ek terug kyk op my kort of lang lewe (Hang seker af van wat ouderdom beteken) is ek deur baie kak EN lekker tye. Baie kak tye. MAAR elke kak tyd het sy einde gehad en nou jare later sien ek die rede vir daai kak tye. :)
    Dalk is ek geseen met ‘n groot genoeg brein om dit te kan verstaan ?

    Sterkte !!

    • Welkom Jagter! Ja ons is almal al deur baie dinge en dit shape ons nogal, maar in party gevalle dink ek break dit ‘n mens ook. My punt is net dat sommige mense net te veel daarvan het in my oe. Ek het nie die sterkte nodig nie maar wel mense wat naby my is wat deur hel gaan op die oomblik.

  2. Ek sal maar net sê… ek was hier :-)

    • Hi Son :)

  3. Sterkte met jou stryd. As ek mag wil ek net een ding sê, wat ek werklik glo. Ek is vandag die produk van my verlede, nie net die goed nie, maar ook die sleg. Ek is nie net aanmekaargeplak met lag nie, maar ook met trane.

    • Dis ‘n feit en ek dink ons almal is DMI. Ek wonder net partykeer hoekom mense, net as hulle opstaan uit die as uit, weer platgeslaan word. Dis so onregverdig maar dis seker maar deel van die lewe. Ek wens my trane kan hulle pyn verlig, maar ongelukkig werk dit nie so nie ne.

  4. Hmm, om kommentaar te lewer sonder om patronizing te wees.

    Shit happens! Party vrae is bloot nie die moeite werd om te vra nie, daar sal nie in die lewe ‘n antwoord wees nie.

    • Ek het mos gewaarsku om nie patronizing te wees nie :) Ek voel net sommige mense kry te veel shit om mee te deel in een leeftyd.

  5. Wat jy sê is baie waar …

    • Ongelukkig ja.

  6. Ek het lankal besef daar is net geen regverdigheid in die lewe nie. Mens sluk en gaan aan na die beste van jou vermoë, tot jy eendag opstaan en besef jy haal bietjie makliker asem as die vorige dag.

    • Nes jy daar sê Murphy.

  7. Ek was ook hier- sterkte met die reis!

    • ‘Upwards and onwards’ soos hulle sê.

  8. Ja, né. Moeilikheid word nie altyd uitgedeel vir moeilike mense nie!! Gelukkig weet ons nie vooraf wat vir ons v oorlê nie. Sterkte vir jou!

  9. Die wat en hoekom sal ons altyd oor wonder. Sterkte.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 25 other followers