Ek Wil Weer Kaap Toe

Knysna

Ai toggie maar die Kaap is mooi. Ons was in Sedgefield vir ‘n week en mense, dit was gans en al te kort. Ek is absoluut versot op die omgewing – veral Knysna het ‘n besondere bekoring. Dis die mooiste mooiste plek en ek is vas oortuig dat ‘n hoë persentasie Afrikaanse liedjies van die Kaap af kom. Ons het in die kar elke keer gelag as ons dink aan Oudtshoorn is ‘n groot voël paradys (private grappie), Beautiful in Beaufortwes, Victoriabaai, Uniondale, dan natuurlik Knysna wat jou laat dink aan Daleen Mathee se boeke wat ons al gelees het. Ek was baie hartseer om totsiens te sê vir die mooie plekke en as ek ‘n keuse gehad het, sou ek more daar gaan bly.

Ek moet ook net sê die mense in Sedgefield is fantastiese mens mense. Ek het so welkom gevoel en was gladnie as ‘n blerrie vaalie behandel nie. Die mense was vriendelik en behulpsaam en hier en daar het ons nogal so bietjie comic relief ook gehad. Die aksente is ook natuurlik iets was my ure sal vermaak (g’n ge-small things nie ne tsk!).

Hierdie trippie was ook een van my en R se nuwe memories (ek bou nou al ses jaar nuwe memories…..) en dit was fabulous dat ek het hy dit soos kinders kon opdrink want nie een van ons was al in die omgewing nie. Ek het al deur die dorpies gery op ‘n vorige geleentheid, maar my Pa het daai tyd nêrens gestop nie en sy oë was net gerig op die eindbestemming :) tot totale frustrasie vir my en my Ma, maar die keer het ons al die klein dorpies darem bietjie explore ne Ma.

Vir die mense wat in Knysna, George, Sedgefield, Plettenbergbaai, Victoriabaai, Buffelsbaai, Lake Pleasant en omgewing bly, julle is so verskriklik bevoorreg. Ek sal my voortande gee om daar te kan bly.

Ek kan nou nie wag om die volgende trippie Kaap toe te reel nie – ons het nou aan die een kant begin en gaan hom nou so deurwerk tot aan die ander kant.

Published in: on Januarie 8, 2012 at 1:35 nm  Comments (10)  

The URI to TrackBack this entry is: http://vanwaarjykyk.wordpress.com/2012/01/08/ek-wil-weer-kaap-toe/trackback/

RSS skakeling vir menings op die blad.

10 KommentaarLewer kommentaar

  1. Ek erken. Die Kaap is baie mooier as wat ek gedink het. Na die vakansie by die skoonouers se huis in Stilbaai, is ek verlief op die Kaap

    • Dit maak twee van ons Mel. Rene kan nou maar heeltemal vergeet van vakansies in Margate :)

  2. Knysna is baie mooi. Van Mosselbaai af is dit asemrowend. Ek het my naweke daar baie geniet en ek het mooi memories. Was jy by Lands End?

    • Hi Jo-Ann, ongelukkig nie, maar ek beplan weer om hierdie jaar af te gaan Kaap toe en dan sal ons bietjie meer verken.

  3. Ek wil juis die jaar Knysna toe gaan. Ek hoop net vir mooi weer dat ek lekker foto’s kan neem.

    • Jy gaan pragtige foto’s kan neem daar. Dis darem maar die mooiste mooiste plek – ag ek klim sommer in my kar en gaan weer!

  4. Hallo. Capish?

    Of soek jy nou net hallo, of net capish?

    Gee wyn vriendin, ek kort rigting….

    • Hahahaha ek is bly jy het nie jou sin vir humor verloor nie. Ons skuld mekaar nog ‘n kuier ne.

  5. Ons gaan maart maand daar ‘n draai maak , vroulief het al klaar die kapper in Knysna bespreek en ek gaan maar weer ‘n klok of ‘n ander stuk hout koop in sedgefield en ‘n ‘paai’ gaan eet.

    • Welkom Aikona. Ag kan ek nie maar in ‘n koffer inklim en saamgaan nie. Daai plek het absoluut my hart gesteel.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 25 other followers