So dis al die derde dag van Januarie 2012 mense! Ja die tyd vlieg en dit voel asof ek al hoe vinniger oud word
maar gelukkig het ek myself al oortuig dat ek soos goeie rooi wyn is en net beter raak met tyd. Botox is natuurlik gladnie uitgesluit nie
Ek hoop hierdie jaar behandel julle saggies en dat dit net goeie dinge sal bring.
My lysie vir hierdie jaar (let wel dit is NIE nuwejaarsvoornemens nie, maar eerder lewensbesluite):
* Ek gaan meer lees.
* Ek gaan meer lag.
* Ek gaan meer dans.
* Ek gaan meer kalmeer.
* Ek gaan meer sing (jammer bure).
* Ek gaan meer tyd maak vir my familie – my eie.
* Ek gaan meer tyd maak vir my vriende – my eie.
* Ek gaan myself nou en dan bederf sonder om skuldig te voel.
* Ek gaan meer blog – nee rerig!
* Ek gaan positief wees.
* Ek gaan ‘n bestuurderslisensie kry (ja-ja sluk nou jou tong in!)
* Ek gaan my humeur op verlof stuur.
* Ek gaan ‘n beter ‘girlfriend’ wees – 4kit kan jy nog op 41 ‘n girlfriend wees? ![]()
* Ek gaan probeer om voor middernag in die bed in te klim.
* Ek gaan hierdie jaar plekkies soek waar ons naweke heen kan gaan – een keer ‘n jaar vakansie werk nie.
* Ek gaan begin oefen – al is dit net swem of om die blok draf.
* Ek gaan gelukkig wees!
Dis dalk nou genoeg om mee te begin en die lysie sal dalk langer raak met tyd. Ek hoop ek kan by die meeste van hierdie regmerkies maak aan die einde van die jaar.
So aan al die bloggers waar ek gereeld kuier en wie ook hier kom oë wys, ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar word julle toegewens! en vir die lurkers ag vir julle sommer ook.
Lekker nuwe jaar, en ons check jou op met hierdie lekker voornemens.
As ‘n gereeldse lurker wil ek ook net sê, baie dankie en vir jou ook!
Gelukkige Nuwe jaar! As ek jou lysie so kyk, kon dit myne gewees het. ek hoop ons kan altwee aan die einde van die jaar Terug kyk en tevrede wees.
Beste wense vir ‘n gatskop 2012!
Beste wense met jou wense.