Los Drade

Dis Vrydagaand en ek sit voor die rekenaar – maak jou eie afleidings – geen pryse word uitgedeel vir die een wat reg raai nie.

Rooikop is op sy eerste vakansie sonder my en dit maak my bang. Hulle het vanoggend gery Uvongo toe en darem in een stuk daar aangekom en sy voete was al klaar op die sand en in die see. Hulle bly nie klein nie – ‘apron strings’ en so (maak die strik stywer vas).

Dis amper Kersfees en vir my is dit geen fees nie. Ek haat Kersfees. Ja ek weet dis ‘n verskriklike erge woord, maar dis hoe ek voel – deal with it. Om als te kroon kom Boney M Sun City toe vir ‘n show. Ek sou graag ‘n bom ekspert wil raadpleeg voor hulle vertoning – kan jy dit al sien in lights ‘Boney M sings to the stars’.

Stilstuipe – rekord – ses dae. Ek kan al by ‘n klooster aansluit. Hulle doen mos die vow of silence of so iets dergliks.

Sou nooit ooit so gedink het nie, maar ek mis my werk. Ek oorweeg dit al om kruipende te gaan smeek vir my 9-5 (lees 9-9) sodat ek weer kan voel ek is iets werd.

Soms wonder ek wat maak ek hier op hierdie spot op hierdie tyd op hierdie aardbol – moenie worry nie daar is geen swart honde in die omtrek nie – my kat sal hulle verjaag.

Ek mis my maatjies. Ja, ek weet….pas aan, maak maats blah blah blah fkof. Ek wil my ou vriende sien waar ek gemaklik voel om te sê en te doen wat ek wil en al point and laugh ons soms is ons darem so amper normaal (watookal normaal is – open to discussion).

Nog geen geskenke is gekoop nie en dit pla my nie eers hierdie jaar nie. Geen mad rush nie en geen behoefte vir die mal (lees mall) nie.

Later die maand gaan ons Kaap toe. My voete krimp al klaar as ek dink aan daai grote yswater waar jy nie kan swem nie. Ek is seker die visse wat jy daar aantref het almal designer dry suits anders sal hulle nie kan oorleef nie. Miskien kan ons by Snoekies ‘n draai maak – hoe water my mond nou.

Ek dink ek is verslaaf aan reality shows – net vir die doel om my gunsteling tydsverdryf te beoefen – point and laugh.

Ek mis my Dischem trippies saam my maatjie.

My hart is seer vir my twin. Ek soek ‘n towerstaffie wat ek kan swaai en alles net kan fix.

Babas mag nie doodgaan nie. Veral nie splinternuwe babas en splinternuwe mammas nie. Dis net verkeerd.

Ek mis my familie – my eie familie al is hulle ‘n bietjie disfunctional dis oraait, dis darem iets wat ek myne kan noem en hulle is lief vir my nes ek is.

Hierdie week gaan hel wees sonder Rooikop. Ek wil al klaar bel en sê hy kan maar nou huistoe kom.

Ek wens Lulu het ‘n groter woordeskat gehad as meaaw.

Published in: on December 2, 2011 at 9:02 nm  Comments (5)  

The URI to TrackBack this entry is: http://vanwaarjykyk.wordpress.com/2011/12/02/los-drade/trackback/

RSS skakeling vir menings op die blad.

5 KommentaarLewer kommentaar

  1. Hoe sit ek nou hier en huil. Ek mis jou my twin. My hart is seer oor al die dinge wat die laaste maand gebeur het . My siel is kwaad. Vandag was die year-end function en gewoonlik geniet ek dit maar vandag was ek daar vir ‘n uur en kon dit nie langer uitstaan nie. Ek het elke minuut daarvan gehaat en hoe het ek die tye saam met jou gemis.

    Ek mis jou, my hart is seer en hoe smag ek net vir ‘n paar uur saam met jou. Ek is lief vir jou my twin. Ek mis jou, ek mis jou, ek mis jou!!

  2. [...] Charms [...]

  3. aaaaaaaaw drukkies vir jou al is hulle net virtual :)

  4. Sjoe, dit klink my jy mis daai rooikop erg. Ek neem aand dis jou kind? Sterkte! Dis aaklig as hulle groot word en mens nie eintlik genuinely nodig het nie :-(

  5. Dit lyk my hier is seer wat net tyd klein bietjie kan genees. Mooi loop.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 25 other followers