Vandag is ‘n dag vir die boeke! Rooikop se eerste amptelike werksdag. Dis met ‘n swaar gemoed dat ek moet besef my klein Rooikop is nie meer so klein nie. Skielik voel ek oud – stokoud.

Waar is hierdie kleine mannetjie wat nou die dag saam sy niggie graad 1 toe gegaan het?
Hierdie klein snip wat nie kon wag dat Ma moet huistoe gaan dat hy kan ‘werk’ nie?
Die groot seun wat nooit te groot was vir ‘n drukkie nie?
Die besige bytjie wat soms ook die batterye moes herlaai?
Ewe skielik kyk die buksie al vir Ma in die oë!
En hy upgrade van ‘n scooter tot ‘n volla!
En hy gaan matriekafskeid toe saam sy meisie!
Nou is dit grootmenswêreld vir die kleinman en hy werk bietjie vir Desember se matriekvakansiegeld. Volgende jaar is dit tydelike studies en werk en grootword.
Kobie, ons het iets reg gedoen! Jy sou so trots gewees het.
R, dankie dat jy die pad verder saam ons stap.
Rooikop, ons is lief vir jou! Dis al.






Baie mooi, bittersoet, en nodig. Jy het een van die grootste take wat iemand in die lewe kon hê suksesvol voltooi, jy stuur hom die grootmens lewe in met die wete jy het n sterk grondslag neer gelê, baie geluk vriendin, en vee daai trane af sonder om te smudge
Ag dankie Flin tsk Francois. Ek smudge natuurlik nooit nie. Mascara hoort op wimpers en nie op wange nie ne
Nou begin dieselfde fases as toe hulle klein was. Werk/leer/verhoudings/trou/huiskoop/karre/kinders
Absoluut, en ek dink hierdie paadjie raak ‘n bietjie moeiliker.
Baie geluk! Ek hoop dat julle verhouding altyd spesiaal sal bly.
Dankie ek glo dit sal. Hy sal maar altyd sy ma se Rooikop bly.
Jy maak my klaar bang vir die pad wat voorlê. Ek sidder reeds om daaraan te dink dat my kinders eendag uit die huis sal gaan!
Mel, jy het darem nog baie baie jare voor jy hoef te deel daarmee.
Soveel mooi herinnering en nuwe ervarings wag op die drumpel om ingenooi te word …… geniet elke oomblik en gaan grawe elke nou en dan in die argiewe om die groeiproses weer met mekaar te deel.
Hi Nadia, ja, ons bou nou weer nuwe memories.
Ja. Sluk. My allerlaaste laatlam is OOK nou daar… presies op dieselfde plekkie as jou dierbare seun… toemaar, ons sal daaroor kom!
Dis maar deel van grootword Toortsie.