Rooikop se skool is nogal heel streng, soos dit hoort natuurlik. Daar is ook konstante sms kommunikasie met die ouers om ons in te lig oor briewe, byeenkomste, eksamentye ens. wat nogal heel goed werk aangesien Rooikop se geheue hom soms in die steek laat (ek het al begin wonder of Ouma hom nie al aangesteek het nie
).
So kry ons so rukkie terug ‘n sms wat ons inlig dat Rooikop vyf strafpunte verdien het want hy was ‘n “Rooktoeskouer”. Ek en R het natuurlik die heel dag gewonder watter nuwe sport dan nou by die skool aangebied word, want in ons skooldae was ons net toeskouers by rugby- en netbalwedstryde. Soms ook by die hokkiewedstryde, maar hierdie nuwe ene ken ons nou gladnie. Ek kan ook nie onthou dat ons strafpunte gekry het omdat ons toeskouers was nie.
Ons probeer maar nou vir Rooikop oortuig om ‘n ander sport te ondersteun waar daar nie strafpunte uitgedeel word nie.

LOL
Dalk het die manne rugby gespeel dat die rook draai?
Skole en hulle dinge.
O genugtig – ek is al amper my lewe lank ‘n rooktoeskouer! Hoeveel strafpunte het dié gekry wat deelgenaam het?
i just love you
sjoe, dis nie fair nie. Hy moet brownie punte kry omdat hy nie saam gespeel het nie. Dis mos genoeg om volgende keer deel te neem eerder as te kyk as jy in elkgeval gestraf gaan word
Hehehehe!! Waar is die goeie ou dae toe ek amper weekliks aangemeld het vir my drie houe by die hoof? Een vir tekkies dra in plaas van skoolskoene, een vir afskryf in geskiedenis (die vaalste vak ooit as dit aangebied word deur ene Mnr. Vaalstes), en een vir die lighter in my sak wat altyd uit my sak sou val iewers in die week.
Ek mis kind wees.
Eish, arme rooikop!
o ja, hello
[...] Nou moet ek seker ander ook tag … en die wenners is (drumroll) Maankind en Charms [...]